My mamma verjaar vandag

Ek wens my mamma wil haar eie storie vertel. Sy is my grootste inspirasie en ondersteuner sodat ek kan doen wat ek nou doen.

Om vir die wêreld te vertel dat kinders soos ek dalk dom lyk, maar slim is met baie mooi harte, is nie aldag maklik nie. Ons is al deur baie moeilike situasies.

My mamma ondersteun my nog altyd.  Sy moes al baie keer baklei om my gehelp te kry. Sy doen dit sonder om moeg of bang te raak. Sonder haar, wat my nooit in die steek laat nie, sou ek nooit kon vorder tot waar ek nou is nie.

My mamma het so ‘n mooi hart, want sy probeer ander kinders soos ek, ook help. Dit sukkel om mense te oortuig, maar sy hou aan. Ek is nou al so baie keer met my mamma se hulp deur die wereld gehoor, want sy hou aan.

My mamma verjaar en hierdie is my geskenk vir haar. ‘n Groot dankie is al wat ek het om vir haar te gee, maar dit is my beste manier om vir haar te sê hoe lief ek haar het. Dit is my beste geskenk wat ek vir haar kan gee, want niks wat ek ooit kan koop sal ooit genoeg kan wees om te wys hoe dankbaar ek is vir my mamma nie.

DANKIE.

Met liefde, vir my mamma.

4 thoughts on “My mamma verjaar vandag

  1. You are so blessed with your amazing mom.

    A passionate gardener works hard in his garden, working to produce flowers, vegetables and fruit. In the same way that a gardener is proud of his flowers, fruits and vegetables, she is proud of you. Every bit of effort is worth it.

    Like

  2. Sjoe, Nicolaas, ja ek stem saam. Jy het werklikwaar n pragtige, moedige en dapper mamma. Ek wens haar ook n spesiale bederfdaggie en baie seën en sukses toe met julle leerproses. Julle bring reeds so baie hoop vir ander! Jou mamma is rêrig “what a woman!!!”

    Like

  3. Dis die mooiste verjaarsdag geskenk wat jy vir jou mamma kan gee. Jy is so spesiaal. Sê vir haar ek wens haar baie geluk en vrede toe. Hoop sy verjaar lekker.❤

    Like

  4. Baie dankie vir die deel van jou mooi woorde Nicolaas. Ek is seker jou ma waardeer dit – sy is werklik ‘n wonderlike ma en mens. Ek sien uit na jou volgende blog.

    Liefde

    Tannie Tana

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: