Ek is nie ‘n boks vol stukkende parte nie.

Outisme is nie iets wat ek kan afskud nie.   Dit is deel van my, soos wat die kleur van my hare is en my mooi oë. Ek is nie iemand wat outisme het nie,

Outisme is my hele lewe.

Sonder outisme is ek nie iemand nie, want ons is mos wie ons is en dit is wie ek is: ek is ‘n outistiese mooi jong man.

Maar outisme is nie alles wat ek is nie.

Ek is ook

  • slim en snaaks
  • en mooi lief vir mense en diere
  • en stories en geskiedenis en wetenskap en wiskunde
  • en ek hou van stories uitdink en vertel
  • en ek hou van stories kyk wat ‘n goeie storielyn het
  • en ek hou van my eie stories oorvertel

En dit is ook wie ek is.

My lewe is nie net outisme nie, my lewe is ook hierdie ander goed wat my maak wie ek is. So, al is outisme my lewe, is ek ook meer as net outisme.

My outisme is my grootste struikelblok, maar ook my grootste aanwins.

Dit is my Tronk, maar ook my Vryheid.

My lewe is ‘n maatskappy met allerhande  aandeelhouers wat verskillende dele van my menswees in hul hande hou. My menswees is mooi in mekaar gevleg met die draad van outisme wat deur dit alles loop. Dit is wat my lewe baie moeilik maak, maar ook interessant maak.

Om net te sê ek is outisties, is om nie my hele menswees raak te sien nie.

Dit maak my baie hartseer, want dit gee mense ‘n rede om my in ‘n boksie in te druk wat my laat voel soos ‘n boksie vol  stukke wat nie reg werk nie.

Dit is hoe mense my outisme sien: ‘n boks vol stukkende parte.

Dit is nie wie ek is nie.

Dit is ook my outistiese vriende se probleem, dat hulle nie raak gesien word vir alles wat hulle mooi en uniek maak nie, maar net as ‘n boks vol stukkende parte. My hart raak baie seer as ek hieroor gesels. Dit maak my ook my outistiese vriende se lewens swaar.

Ons is heel, ons is nie stukkend nie.

Ons is uniek en ons maak dinge mooi en opwindendend, want ons dink op ‘n ander manier as neurotipiese mense.

So moenie ons met maatstawwe, wat deur mense wat anders dink as ons, uitgedink is, meet nie.

Ons is veronderstel om beperkte insig te hê, maar wie het beperkte insig as almal oor dieselfde kam geskeer word? My eie gesin word nie met die respek hanteer wat hulle verdien nie, omdat hulle my soos ‘n mens met toekoms drome en behoeftes behandel.

Outisme is nie my probleem nie. Wat mense dink outisme is, is my probleem. My outisme is nie my mooiste maat as ek aanmekaar moet probeer om myself en my menswees te verander in iemand wat nie soos ‘n outistiese persoon op tree nie.

Ek is outisties.

Ek is nie stukkend nie.

Ek is nie soos ‘n boks vol stukkende parte nie.

Ek is ‘n mens met baie aandeelhouers, nie net outisme nie.

Waardeer my vir my hele menswees.

13 thoughts on “Ek is nie ‘n boks vol stukkende parte nie.

  1. Hi Nicolaas jou slim seun Jou woorde in jou nuutste storie is so goed gestel Om julle spesiale jong mense in n boks te wil druk Jou vriende aan wie jy ook tussen alles deur aandink jou meelewing met hulle swaar kry en dat hulle dit nie kan se en stel soos jy met jou oulike ouers wat jou help en ondersteun Wens so ek kan hulle neem en weg vlieg en op n plek gaan sit en hulle probeer help om ook te kan gesels en kuier soos jy Dat hulle ook hulle stem kan uitbring soos jy Dankie vir jou omgee en jou pragtige woorde Ek is een van jou grootste aanhangers Lee’s en waardeer wat jy skryf Baie liefde Carol

    Like

    1. My stil stem is my wapen. Dankie dat juffrou my daar by SNAP al raak gesien het en my gehelp het toe my stil stem nog nie kon kommunikeer het nie. Ek onthou juffrou as ‘n ligpunt in ‘n swaar tyd vir my. Dankie daarvoor.

      Like

  2. Nicolas….jy is n absolute inspirasie vir ons “normale” mense…ons is eerder die stukke wat in bokse geprop is. Dankie vir jou skrywe..jy is reg. Jy is n pragtige outistiese jong man…met die wêreld aan jou voete.

    Like

  3. Nicolaas jy is voorwaar ‘n inspirasie vir ‘n iedere en ‘n elk. Jy is die ligdraer van hoop van elkeen wat nie in ‘n boks wil of kan pas nie. Dankie vir jou wysheid en liefde! Jy word waardeer vir jou onbeskaamde menswees.

    Like

  4. Perfek gestel. Ons ken nie outisme nie en is daarom nie seker oor hoe ons moet optree nie. Terwyl ons aan allaerhande kwale ly, wat ons ook anders maak. Dalk juis iemand maak wat nie vriendskap werd is nie. Jy is ‘n inspirasie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: