Wie ek is en hoe ek praat Who I am and how I speak

My mamma is my woorde se stem, want ek is al 13 jaar oud maar kan nie praat nie. Tog het ek baie woorde in my kop wat ek graag met julle wil deel oor my lewe as ‘n outistiese seun. Daarom moet ek met my mamma se hulp vir julle skryf of spel op my spelbord, want my stem is stil. My mamma moet my help, maar my woorde is my eie woorde. Ek is nie my eie lyf se baas nie, daarom is dit vir my moeilik om self te tik, so, my mamma help my om te leer tik met Spelling to Communicate. Dit is my mooiste verhaal se begin by Spelling to Communincate wat vir my mamma gewys het dat ek ook mooi slim is en woorde het al het hulle niks klank nie. Ek is baie dankbaar vir Spelling to Communicate, want dit het my wereld van stilte oop gesluit. My woorde wat al so lank in my kop rond dwaal soos diere in ‘n hok, kan nou uiteindelik uit kom en my lewe is soveel beter as gevolg daarvan. My lewe was baie sleg toe ek nog nie kon kommunikeer nie. Nou word al my drome waar. Hierdie blog is een van my drome.

“It is important to tell my story so that other children can also be helped.” Nicolaas Paulsen

Translation to English by Mom.

Who I am and how I speak

My mommy is my words’ voice, because I am 13 years old but cannot speak.I have many words in my head though that I want to share with you about my life as an autistic boy. I therefore, with my mommy’s help, have to write to you or spell on my spellingboard, because my voice is silent. My mommy have to help me, but my words are my own words. I am not the boss of my own body, it is therefore very difficult for me to type myself. My mommy helps me to learn to type with Spelling to Communicate. My most beautifull story starts with Spelling to Communicate as it showed my mommy that I am also clever and have words eventhough they have no sound. I am very thankfull to Spelling to Communicate, because it unlocked my world of silence. My words, that have been wandering in my head like animals in a cage, can now be set free and my life is so much better because of that. My life was terrible before, when I could not communicate. Now all my dreams come true. This blog is one of my dreams.

8 thoughts on “Wie ek is en hoe ek praat Who I am and how I speak

  1. Nicolaas , ons het so lank gewag om jou te “hoor”. Nou kan jy vir ons vertel van wat jy voel, sien en ervaar. So trots op jou!! Jou mamma is die beste ooit, sy het nooit ophou probeer nie. Baie liefde💜💛🧡

    Liked by 1 person

  2. Nicolaas, jy is so n groot inspirasie vir almal. Ek volg gereeld jou sosiale media blaaie en is so bly dat jy nou kan kommunikeer. Wat jy nie weet is dat ek ook van Sutherland is

    Liked by 1 person

  3. Nou kan die res van die wereld ook jou “stem” hoor en weet wat jy so lankal in jou kop het en vir ander wou se. Ons is so baie trots op jou.

    Liked by 1 person

  4. So TROTS op jou! Jy is een besondere seun wat liefde uitstraal en altyd n smile op sy gesig het. Jou mamma en pappa kan baie trots wees op jou
    😙

    Like

  5. Thank you for sharing Nicholaas

    My son Lesedi is 9yrs old non speaking Autistic and the Ntando 7 speaking with Autism as well.

    Lesedi started spell to communicate in March, it has improved his communication not so fluent yet however we are getting. Spelling is the best thing for him.

    S2C has helped us as a family to realise how intelligent he is and we will walk with him through this journey until he get fluent.

    Thanks again for Sharing

    Zinzi

    Liked by 1 person

  6. Absolutely beautiful! I love the image of the sand in the photograph. It seems like before you had a reliable way to communicate your life may have been like the sand slipping through your fingers but now I imagine you standing tall on solid ground and communicating with dignity. Congratulations to you and your mom for finding a way for you to share your inner stories. I hope to hear more from you.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: