EK IS VRY (1)

Aanvaarding, die sleutel uit my tronk (Deel 1 van 4).

Angs is nie meer my tronk nie.

Angs was nog altyd my grootste vyand. Hy is nie meer nie.

My angs oor my onvermoë om te kan wys dat ek ‘n mens met ‘n brein en ‘n hart is, wat werk, het my gevange gehou.

Ek was ‘n slaaf van vrees. Vrees om weer terug te gaan na die tyd voor ek kon kommunikeer toe niemand my verstaan het nie en almal gedink het ek is net dom en “difficult”. My vrees dat daardie donker dae weer my werklikheid word, het my kwaai gejaag.

My tronk is nou nie meer ‘n tronk nie.

Ek sal altyd moet baklei teen die spoke van my verlede wat my weer wil terugstuur tronk toe. Veral wanneer my lyf my in die steek laat.

Ek weet nou hoe Vryheid voel. Ek sal nie toelaat dat enige iets of iemand  my daarvan beroof nie.

My tronk is nou nie meer my tronk nie.

Aanvaarding, die sleutel uit my tronk.

My lyf is anders as meeste ander mense sin.

Al lyk ek soos ander mense lyk, my lyf werk anders. Dit is hoe dit is vir my, vir nou en vir altyd. My lyf gaan nie skielik net reg raak nie, tensy ‘n wonderwerk gebeur of ‘n wonderkuur ontdek word nie.  En vir die eerste keer kan ek sê dat ek oraait is daarmee.

Ek is soos ek is en my hart is rustig daaroor.

Al raak ek nog vies oor my lyf se streke,

ek is nog steeds oraait.

Al beteken my lyf se onvermoens dat ek hard leer, maar steeds sleg doen in my toetse omdat ek nie vining genoeg gespel kry op my bord binne die toets tydslimiete nie,

ek is nog steeds oraait.

Al laat my lyf my belaglik lyk of simple goed aanvang,

ek is nog steeds oraait.

Al moet ek soms maar tuisbly wanneer ander uitgaan,

 ek is nog steeds oraait.

Al moet ek soms besluit om goed prys te gee wat ek baie graag wou doen,

ek is nog steeds oraait.

My aanvaarding van myself was ‘n belangrike stap op hierdie pad na Vryheid.

Ek moes baie baklei hiermee. My lewe is nie maklik nie. Ek sal altyd ‘n stryd moet stry om gehoor en aanvaar te word. Niks daarvan het verander nie.

Ek is ook nog lank nie klaar gestry om myself, en ander soos ek, se stemme te laat hoor nie,

maar my hart is rustig oor my verlede en my pad vorentoe.  

My tannie Driekie het my onlangs daaraan herinner dat my God in beheer is met hierdie liedjie:

Father I Place Into Your Hands

Ingrid DuMosch

Words: Jenny Hewer (b. 1945) © 1975 Thankyou Music/Admin. by kingswaysongs.com, http://www.kingswaysongs.com

Father, I place into your hands

The things I cannot do,

Father, I place into your hands

The things that I’ve been through.

Father, I place into your hands

The way that I should go,

For I know I always can trust you

Father, I place into your hands

My friends and family.

Father, I place into your hands

The things that trouble me.

Father, I place into your hands

The person I would be,

For I know I always can trust you.

Father, we love to see your face,
We love to hear your voice.
Father, we love to sing your praise
And in your name rejoice.
Father, we love to walk with you
And in your presence rest,
For we know we always can trust you.

Father, I want to be with you

And do the things you do.

Father, I want to speak the words

That you are speaking too.

Father, I want to love the ones

That you will draw to you,

For I know that I am one with you.  

2 thoughts on “EK IS VRY (1)

  1. Nicolaas, die tannie van jou is ongelooflik trots op jou! Ek sit hier met trane in my oe… Jou oupa Diederik en Ouma Marie sou jou so ongelooflik geniet het en trots gewees het op jou. Verseker is jy nie dom nie – Verseker het jy n stem… Moet nie ophou skryf nie – ek het jou skilpad storie so baie geniet. Skryf nog stories, en skryf jou hart uit…! Liefde

    Like

Leave a Reply to VirgoC Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: