MY WOORDE IS MOOI

My woorde was nog altyd in my kop, maar dit was oor ons S2C begin gebruik het, dat almal nou weet van my woorde wat nie by my mond kan uitkom nie. Dit wat my lewe was voor my woorde kon uitkom, kan ons nie ‘n lewe noem nie. Dit was so sleg dat my woorde nie genoeg is om daarvan te vertel nie.
Om te sê dat my lewe nou beter geraak het sedert ek kan kommunikeer, is nie reg nie. Ek lewe eers vandat ek kan kommunikeer.